Die Orde van die breek van die Brood

Patrick J van Rensburg

Luk 24:5  En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Luk 24:6  Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Luk 24:11  En hul woorde het vir hulle na onsinnige praatjies gelyk, en hulle het hul nie geglo nie. Luk 24:13  En twee van hulle was dieselfde dag op pad na ‘n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs. Luk 24:14  En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het. Luk 24:15  En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam. Luk 24:16  Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie. Luk 24:17  En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef? Luk 24:18  En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen ‘n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie? Luk 24:19  En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasaréner, wat ‘n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk; Luk 24:20  en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het. Luk 24:21  En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het. 

Nie in lyn met jou verwagting nie

Die dissipels kon nie glo wat gebeur nie. Hy was ‘n profeet.  Hulle het gesien wat hy doen. Siekes gesond gemaak, dooies opgewek, beheer geneem oor die natuur. Dit wat nou met Jesus was nie deel van hul verwysingsraamwerk nie.Jesus is die verlosser.

Jesus moes hul verlos.  Hy was daartoe in staat.  Hulle het aanskou hoe hy beheer neem oor elke werk van die vyand / demone. Niks kon voor Hom stand hou nie. Nie die dood, nie siekte, nie demone, nie die natuur nie. Hy het geheers.

Hier beweeg hierdie manne van ‘n begrafnis. Dit was nie ‘n gelukkige tyd vir hul nie.  Hul verlosser, hul hoop, hul oorwinning, is dood.  Dit waarin hul geglo is nou dood. Dit wat in totale teenstelling met hul verwagting. Waar is hul hoop? Waar is hul oorwinning? Waar is hul verlosser?Soveel bloed het gevloei

Hierdie manne was verpletterd.  Dit waaraan hul, hul lewe afgestaan het, gegee het, is nou iets van die verlede. Hierdie manne is op pad huis toe, na die begrafnis.  Hul is besig om te probeer vasstel wat het nou eintlik hier gebeur? Jesus wat gevange geneem is, swaarde, spiese, geslaan, gekruisig, hoe is die moontlik? Bloed net waar jy kyk. Jesus se bloedspore kon orals gesien word

Hulle het nooit gedink dat dit kan gebeur nie. Dit is onmoontlik dat dit kon gebeur. Weereens kan Petrus dit nie glo nie – hy ruk sy swaard uit, sny een van die wagte se ore af. Hy is gereed om oorlog te maak, hy verstaan nie God se plan nie. Hul kon net nie verstaan wat hieraan gaan nie.

Hulle loop en praat oor hoe Jesus lyk.  Sy liggaam is stukkend.  Hoe hul gesukkel het om sy liggaam van die kruis af te kry. Die liggaam van Jesus is gesmeer met olie.  Hulle het nie geglo dat hy sou opstaan nie.

Sy lyk is gepreserveer asof hy nooit sou opstaan nie. Hul het hom nie erken nie Hul het alle hoop verloor.  Hul plan vir die ewigheid was verlore. Terwyl hul oor al hierdie dinge praat, het Jesus saam met hulle geloop. Hulle het Jesus egter nie erken nie. 

Luk 24:16  Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie. 

Hul het hom nie erken nie

Luk 24:15  As they talked and discussed, Jesus himself drew near and walked along with them; Luk 24:16  they saw him, but somehow did not recognize him.  (GNB)

Hierdie manne was verblind.  Hul was verblind deur hul pyn. Hul het hom nie erken nie. Jy moet verstaan waardeur  hul gegaan het. Hulle het gesien hoe hy gedood is. Hulle was daar toe hy gesterf het, was daar toe hy gekruisig was, was daar toe hy van die kruis afgehaal is.  Hulle het dit eerste hand ervaar. Hulle het gesien hoe die bloed gevloei het. Hulle kon niks doen nie.  Hulle moes net toe kyk.

Die kruisiging metodiek

Die kruisiging het op ‘n wetenskaplike wyse plaasgevind.Trek die bene op – sodat die voete reguit is teen die kruis.Die regter voet word bo oor die linker voet vas geslaan. Een spyker wat deur albei voete gaan. Hierdie word baie versigtig en doelgerig gedoen. Daarna word die liggaam van onder die arms opgetrek. Dit veroorsaak dat jou hakskene breek. Die bene is nou reguit en die voete wys na onder. Daarna word die regter hand eerste vas geslaan.Daarna word die linker hand vas geslaan. In wetenskaplike terme word daarna verwys as ‘n dubbel “S” kruising. Na 90 minute breek elke senuwee in die ruggraat los – die liggaam kan nie hierdie stres hanteer nie. Die sou baie makliker gewees het as hulle hom soos ‘n stuk lap aan ‘n raam vas geslaan het. Hierdie manne het gesien hoe hier die liggaam uitmekaar geruk word. Elke senuwee in ruggraat is hierdeur geraak en geaktiveer. Dit veroorsaak dat elke orgaan in jou liggaam hierdeur geaffekteer word. Die niere, die longe, die hart, elke orgaan begin ingee as gevolg van hierdie S-kruising. Die beweging van die liggaam as gevolg van hierdie S-kruising, ruk die liggaam en elke orgaan uitmekaar, sodat dit een-vir-een begin in gee. Die lei tot wesenlike inwendige bloeding. Nie alleen was hy gekruisig nie – Hy was geslaan soos ‘n dier. ‘n Sweep met nege toue – op die punt van elke tou was daar ‘n stuk been of stuk staal.

Sodat wanneer die sweep die liggaam van Jesus uitmekaar ruk- reg  rondom  sy rug en blaaie. Met groot vaardigheid word die sweep geswaai sodat die stukke vleis uitruk. Jesus is geslaan, 39 keer. Nie alleen haal Jesus asem deur sy neus en mond nie, maar deur sy stukkende liggaam.

Jy kan die asemhaling hoor, jy kan die organe hoor. Sy rug lyk soos ‘n geploegde land. Elke wanneer hy beweeg aan die kruis, skeur stukke van sy liggaam teen die kruis. Jesus word gepynig, meer as wat Jesaja, in sy profesie sien. Hy was meer uitmekaar geruk en gepluk as enige ander persoon op aarde.  Nog nooit was iemand al ooit so uitgemekaar geruk nie. Bloed loop teen sy gesig af, van die doringkroon wat in sy hoof ingedruk is.

Is Hy nie die koning van die Jode nie? Sy sweet brand in sy wonde in. Hy skreeu van die pyn – My God!, My God! – waarom het u my vergeet. 

Psa 22:2  O my God, I cry in the daytime, but You answer not; and by night I am not silent or find no rest. 

Jy moet verstaan waarom hierdie manne hom nie kon erken nie. Hulle was verblind deur hul pyn. Hulle was verslind deur sy voorkoms. Nog nooit het hulle ‘n man gesien wat so lyk nie. Uitmekaar, sy gesig was stukkend.

Hulle is nie alleen verblind deur hul pyn wat gesien het nie, Jesus se voorkoms nie, maar ook hul voorop gestelde idees van wat Jesus moes kom doen.

Hulle was seker van wat Hy moes kom doen. Hy moes hulle kom verlos.  Hy moes hom verlos van die Romeinse ryk. Jesus sou op ‘n wit perd aangery kom en die Romeinse ryk uitmekaar  ruk 

Hy sou Jerusalem weer terug gee aan die Jode en van daaruit regeer. Hul godsdienstige sienings van wat Jesus moes doen, het gemaak dat hul nie kon sien nie. Hul persepsies van wat Jesus moes doen, het gemaak dat hul nie kon sien nie.

Hulle moes hom erken aan sy wonde, maar hul het hom erken nie. Hulle kon hom nie erken nie. Nou sien hulle hoe hy dood gaan.  Hulle sien dat hul hoop is verlore. Die een wat die dooies oprig, wat blindes kon laat sien, wat die natuur aanspreek en wat na hom luister – nou kan Hy homself nie verlos nie.

Wat gaan hieraan? Hul sien hoe hierdie man wat dooies oprig, nou sterf. Wat hul gemis het was dat in die vloei van die bloed die oorwinning was

Die oorwinning was in die bloed

Jesus het 7 maal sy bloed gestort

Getsemane  –  Jou wil

Gegésel  – Genesing

Kroon van dorings  – Gedagtes

Inwendige bloeding –  Emosies

Hande – Finansies

Voete  – Jou wandel – Sonde 

Sy – Vreugde

Hulle moes hom erken aan sy gesprekke met hom. Maar hul het nie.

Vir 7.5 myl  (10km) het hy van homself gepraat, elke profetiese woord aangaande homself  – 1100 verwysings aangaande Jesus  – maar hulle het hom gemis. Hulle moes hom geken het aan sy stem.

Hul het gesien

Luk 24:30  En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle. 

Luk 24:30  And it came to pass, as he sat at meat with them, he took bread, and blessed it, and brake, and gave to them. 

Luk 24:31  Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn. 

Luk 22:19  Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis. 

Die proses van oorwinning

Geneen – Jesus word aarde toe gestuur 

Geseen  – Gebruik hom op aarde

Gebreek   – Jesus sterf met sy bloed

Gee  – Sodat ek en jy oorwinning kan geniet. 

Die funksies van bloed van Jesus

Versoenende Krag – 2Kor 5:18  En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het

Aantrekkingskrag – Efes 2:13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.  

Beskermende Krag: Ex 12:13  Maar die bloed sal vir julle ‘n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan.

Genesende Krag: 1Pet 2:24  wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.  

Oorwinnende Krag: Open 12:11  En hulle het hom[Satan] oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.  

1 Kor 11:23  Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; 

1 Kor 11:24  en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. 

1 Kor 11:25  Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. 

1 Kor 11:26  Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. 

Daniel Fast Registration

Join us in a time of prayer and fasting

1 – 21 February 2021